Brandwag se revue is voorwaar iets om na uit te sien. In 2019 was ons revue tema “Liefdesgenerasie” wat geïnspireer was deur die Refense treffer. Ons leerders het elke oomblik hierdie liefdes boodskap uitgestraal. Ons volgende revue was veronderstel om hierdie jaar te wees maar a.g.v COVID-19 moes ons dit uitstel. Hierdie jaar het ons reeds begin met die Sanggroep se oefeninge ter voorbereiding van ons 2022 Revue.