Brandwag spog met hulle top akademiese prestasies by die Godfrey Pitje City of Ekurhuleni se Excellence Awards asook die Ekurhuleni-Noord Distrik toekennings.
.
Op 10 Maart 2021 is twee van Hoërskool Brandwag se leerder vereer by die Godfrey Pitje City of Ekurhuleni Excellence Awards vir die top preseerders in die hele Ekurhuleni.
Die leerders is: Layla Germishuys en Ruan Roodt
Hoërskool Brandwag was bevoorreg om met die volgende toekennings weg te stap:
Layla Germishuys – Beste leerder in Ekurhuleni
Ruan Roodt – 2de Beste leerder in Ekurhuleni
Albei leerders het ook n skootrekenaar en beurs vanaf Ekurhuleni vir hulle eerstejaar se studies ontvang.
Op 12 Maart was dit die Ekurhuleni-Noorddistrik toekenningsaand vir die top preseerders in Ekurhuleni-Noorddistrik waar vier van Hoërskool Brandwag se leerders toekennings ontvang het, twee onderwysers van Hoërskool Brandwag is ook vereer.
Die volgende toekennings wat deur Hoërskool Brandwag ontvang is, is as volg:
Layla Germishuys – Beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik asook die beste leerder in Lewenswetenskap en Fisiese wetenskap.
Ruan Roodt – 2de beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik
Jacques Pieters – 6de beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik asook beste leerder in Rekeningkunde
Monè Duvenhage – Beste leerder in Verbruikerstudie
Mev. Soritha du Plessis – Beste onderwyser in Skeppende Kuns
Mnr. Pierre van Staden – Beste onderwyser in Fisiese wetenskappe
Brandwag is sowaar baie trots op die prestasies wat behaal is en so word harde werk beloon!


Wiskunde Olimpiade:
