Ek aanvaar met hierdie erekode om die volgende verantwoordelikhede na die beste van my vermoë na te kom:
- Om alles waarvoor my skool staan, te respekteer en te alle tye die leer en beeld van my skool uit te bou
- Om lojaal te wees teenoor my skool, sy beeld en elke faset van die skoollewe
- om te alle tye, binne en buite die skool, my waardig te gedra
- om te alle tye die skoolrëels te respekteer en na te kom
- dat die optrede teenoor my onderwysers en mede-skoliere van so aard sal wees dat dit opbouend en tot voordeel van die skool sal wees
- dat my optrede ’n voorbeeld sal wees vir die uitbouing van die christelike karakter van my skool
- om kulturele diversiteit wat mag voorkom in ons skool, te respekteer en te eerbiedig, sodat my optrede altyd tot voordeel van die eensgesindheid in die skool sal strek
- om selfs na my skoolloopbaan, die beeld van my skool te help uitdra