Jaarliks neem Brandwag deel aan die ATKV-Tienertoneel, waar Brandwag leerders die geleentheid bied om met ‘n karakter te identifiseer wat ver van die werklikheid is en sodoende hulle talente op die verhoog uit te leef en hulle self te ontwikkel en potensiaal te bereik. Op hierdie manier gun Brandwag, leerders die kans om deel te wees van ‘n ander genre as sport en akademie sodat hulle voel hulle hoort.