![](https://static.wixstatic.com/media/97f706_a7250aaead404f7cbfc9bb63a7f60363~mv2.jpg/v1/fill/w_288,h_180,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,blur_2,enc_auto/97f706_a7250aaead404f7cbfc9bb63a7f60363~mv2.jpg)
![PNG Logo.png](https://static.wixstatic.com/media/97f706_7485c3f772f84b30ac0fc35076ce2d7e~mv2.png/v1/fill/w_99,h_117,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/PNG%20Logo.png)
SEDERT 1917
EREKODE
Ek aanvaar met hierdie erekode om die volgende verantwoordelikhede na die beste van my vermoë na te kom:
​
-
Om alles waarvoor my skool staan, te respekteer en te alle tye die leer en beeld van my skool uit te bou
-
Om lojaal te wees teenoor my skool, sy beeld en elke faset van die skoollewe
-
om te alle tye, binne en buite die skool, my waardig te gedra
-
om te alle tye die skoolrëels te respekteer en na te kom
-
dat die optrede teenoor my onderwysers en mede-skoliere van so aard sal wees dat dit opbouend en tot voordeel van die skool sal wees
-
dat my optrede ’n voorbeeld sal wees vir die uitbouing van die christelike karakter van my skool
-
om kulturele diversiteit wat mag voorkom in ons skool, te respekteer en te eerbiedig, sodat my optrede altyd tot voordeel van die eensgesindheid in die skool sal strek
-
om selfs na my skoolloopbaan, die beeld van my skool te help uitdra