Brandwag spog met hulle top akademiese prestasies by die Godfrey Pitje City of Ekurhuleni se Excellence Awards asook die Ekurhuleni-Noord Distrik toekennings.

Op 10 Maart 2021 is twee van Hoërskool Brandwag se leerder vereer by die Godfrey Pitje City of Ekurhuleni Excellence Awards vir die top preseerders in die hele Ekurhuleni.

Die leerders is: Layla Germishuys en Ruan Roodt

Hoërskool Brandwag was bevoorreg om met die volgende toekennings weg te stap:

Layla Germishuys – Beste leerder in Ekurhuleni

Ruan Roodt – 2de Beste leerder in Ekurhuleni

Albei leerders het ook n skootrekenaar en beurs vanaf Ekurhuleni vir hulle eerstejaar se studies ontvang.

Op 12 Maart was dit die Ekurhuleni-Noorddistrik toekenningsaand vir die top preseerders in Ekurhuleni-Noorddistrik waar vier van Hoërskool Brandwag se leerders toekennings ontvang het, twee onderwysers van Hoërskool Brandwag is ook vereer.

Die volgende toekennings wat deur Hoërskool Brandwag ontvang is, is as volg:

Layla Germishuys – Beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik asook die beste leerder in Lewenswetenskap en Fisiese wetenskap.

Ruan Roodt – 2de beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik

Jacques Pieters – 6de beste leerder in Ekurhuleni-Noorddistrik asook beste leerder in Rekeningkunde

Monè Duvenhage – Beste leerder in Verbruikerstudie

Mev. Soritha du Plessis – Beste onderwyser in Skeppende Kuns

Mnr. Pierre van Staden – Beste onderwyser in Fisiese wetenskappe

Brandwag is sowaar baie trots op die prestasies wat behaal is en so word harde werk beloon!

AKADEMIE

HOËRSKOOL BRANDWAG IS BESLIS EEN VAN DIE TOONAANGEWERS AS DIT OP DIE AKADEMIESE VLAK KOM. JAARLIKS ONVANG PERSONEEL EN LEERDERS DISTRIKTOEKENNINGS VIR TOP PRESTASIES WAT IN DIE DISTRIK BEHAAL IS. WISKUNDE, REKENINGKUNDE, ENGELS, AFRIKAANS, KUNS, RTT, IT EN IGO HET AL TOEKENNINGS ONTVANG.

IN 2016 HET HOËRSKOOL BRANDWAG ‘N EERSTE PLEK VEROWER VIR DIE TOP AKADEMIESE SKOOL IN DIE EKURHULENI-NOORD DISTRIK VIR DIE 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAATEKSAMEN EN ‘N ALGEHELE TWEEDE PLEK IN DIE HELE EKURHULENI.

ONS SKOOL BIED OOK ‘N TEGNIESE RIGTING AAN NAAMLIK: HOUTBEWERKING, TEGNIESE WISKUNDE EN TEGNIESE WETENSKAP.

VERDER SPOG HOËRSKOOL BRANDWAG MET DATAPROJEKTORS IN ALLE KLASSE EN IS IN DIE PROSES OM INTERAKTIEWE WITBORDE IN ALLE KLASSE TE INSTALLEER. ELKE KLAS HET OOK ‘N KAMERA IN OM LEERDERS, SOWEL AS PERSONEEL TE BESKERM. EFFEKTIWE ONDERRIG WORD GEWAARBORG.

AKADEMIE IS VIR ONS BAIE BELANGRIK EN DAAROM POOG ONS OM JAARLIKS TE VERBETER DEUR ONDER ANDERE INDIENSOPLEIDING EN DIE BIED VAN BRONNE EN HULPBRONNE VIR ONS LEERDERS EN PERSONEEL.

INDIEN AKADEMIE VIR JOU PRIORITEIT IS, IS HOËRSKOOL BRANDWAG DIE SKOOL VIR JOU!