

SEDERT 1917

BRANDWAG WAARDES

WELKOM
Boodskap van die hoof
Welkom by Hoërskool Brandwag se webblad. Ons nooi u uit om meer oor ons skool te ontdek en deel te word van ’n trotse tradisie van menswees, prestasie en groei.
Dit is vir my ’n voorreg om u te verwelkom waar Christusgedrewendheid, hardwerkendheid, respek en eerlikheid die kern van alles is wat ons doen. Ons streef daarna om ’n omgewing te skep waar elke leerder die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik.
By Brandwag glo ons dat onderwys veral gaan oor kennis, maar ook oor die vorming van karakter. Ons moedig ons leerders aan om verantwoordelike, selfstandige en waardegedrewe jongmense te word.
Ons toegewyde personeel werk hard om kwaliteit onderrig te verseker. Samewerking tussen ouers, onderwysers en leerders is vir ons van groot belang. Die drie groepe vorm saam ons Brandwag-familie.
Vriendelike groete
Me. C. Avenant
.png)

GOED BETER BRANDWAG
BEMARKINGSVIDEO 2025
Ons bemarkingsspan sit baie ure in om Brandwag een van die beste skole te maak. Hier by Brandwag is elke leerder vir ons spesiaal en uniek, en jy is nie net n nommer nie.
Ons bied jou geleenthede aan, en ons akademie is die beste in Gauteng!
Hoërskool Brandwag is verseker 100% vir jou!!!

Brandwag doen dit weer!!
Hoërskool Brandwag staan as ’n baken van uitnemendheid — nie net in naam nie, maar in bewese prestasie. Vir vier opeenvolgende jare, vanaf 2022 tot 2025, is ons aangewys as die TOP akademiese skool in Ekurhuleni Noord-distrik én 2024 en 2025, TOP akademiese skool in die hele Ekurhuleni. Hierdie erkenning is nie bloot ’n titel nie; dit is die resultaat van toewyding, dissipline en ’n onwrikbare fokus op akademiese groei.
By Brandwag glo ons dat elke leerder se toekoms vandag gevorm word. Daarom is ons benadering doelgerig: ons rus leerders toe met kennis, kritiese denke en die selfvertroue om hul plek in die wêreld met oortuiging in te neem. Ons skep ’n omgewing waar potensiaal nie net raakgesien word nie, maar aktief ontwikkel en verfyn word.
Hier word leerders doelbewus voorrberei om met selfvertroue en bekwaamheid hul toekoms te bestree.

Matrieks 2025
BRANDWAG doen dit weer!!!
100% SLAAGSYFER!!
Hoërskool Brandwag spog weer met een van die hoogste slaagsyfers in Ekurhuleni.
Brandwag spog ook om weer aangewys te word as die BESTE Akademiese Hoërskool in Ekurhuleni vir die 2de jaar in n ry!
Dit is als te danke aan ons personeel wat die elke matrikulant bygestaan het deur die jare!
HOOFLEIERS 2026
Baie geluk aan die volgende leerders, wat gekies is as
Hoërskool Brandwag se hoofleiers! Ons weet julle gaan
Brandwag se naam met TROTS dra en 'n voorbeeld
wees vir elke Waggie.













